Pentagon

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Spring na: navigasie, soek
Die Pentagon

Die Pentagon is 'n gebou in Arlington County, Virginië, aan die grens van Washington, D.C. in die Verenigde State van Amerika.

Die gebou is die hoofkwartier van die Amerikaanse Ministerie van Verdediging en die naam Pentagon word gereeld metonimies vir dié departement gebruik. Die naam verwys na die vyfhoekige vorm van die gebou.