Politiek

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Spring na: navigasie, soek
Politieke sienings verskil gemiddeld oor die nasies. 'n rekonstruksie van die Inglehart–Welzel Kultuur-kaart van die wêreld gebaseer op die World Values Survey.

Politiek (Grieks: Πολιτικά politiká; letterlik "van, vir, of met betrekking tot burgers") is die proses en metode van besluitneming vir groepe mense. Alhoewel dit gewoonlik op regerings toegepas word, word politiek in alle menslike groepinteraksie gevind, insluitend korporatief, akademies en religieus.

Politieke wetenskap (politikologie) is die ondersoek van politieke optrede, en bestudeer die verkry en toepassing van mag, wat die afdwing van iemand se wil op 'n ander is.