Prostaatklier

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Spring na: navigasie, soek

Die prostaatklier is geleë onder die blaas en tussen die rektum, die sluitspier, 'n paar slagare en bondels senuwees. Dit blyk dat die klier se funksie is om omtrent een derde van 'n man se saadvloeistof te produseer. Die klier is egter nie noodsaaklik vir voortplanting nie en dus kan dit as 'n relatief onbelangrike orgaan beskou word. Sommige wetenskaplikes dink egter dat die hoofdoel van die prostaatklier is om die voortplantingskanaal teen infeksie in die urinekanaal te beskerm.

Hoe dit ookal sy, vir sy grote kan die prostaatklier heelwat probleme veroorsaak.

  • Prostaatkanker - die mees algemene kanker onder mans, en die tweede grootste oorsaak van mans se kankersterftes na long kanker.
  • Vergroting van die prostaat - een van die goedaardige gewasse wat die meeste in mans voorkom en baie ongemak en pyn veroorsaak.
  • Prostaatontsteking - die hoofoorsaak van urinekanaal infeksie in mans.