Relais et Châteaux

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Spring na: navigasie, soek

Relais et Châteaux is 'n internasionale vereniging van privaat luukse hotelle en restourante. Die groep het tans 453 lede in 50 lande en is op alle vyf vastelande verteenwoordig.

Die groep is in Frankryk gestig en staan bekend vir sy streng voorwaardes van lidmaatskap. In hotelle en restourante, wat by die vereniging wil aansluit, moet daar naas die gewone kenmerke van 'n luukse hotel of restourant ook 'n unieke atmosfeer heers, waardeur hulle 'n verskil kan maak in vergelyking met kettinghotelle. Die meeste Relais et Château-hotelle en -restourante is gevestig in historiese kastele, herehuise of statige stadhuise en beskik oor eersterangse restourante.

Relais et Châteaux se leuse, wat ook die voorwaardes van lidmaatskap en die maatstaf vir kwaliteitskontroles opsom, is die "vyf C's": Caractère (karakter), Courtoisie (beleefdheid), Calme (rustigheid), Charme (sjarme) en Cuisine (kookkuns).

Eksterne skakels[wysig]

Die webwerf van Relais et Châteaux