Renault

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Spring na: navigasie, soek
Renault S.A.S.
Renault 2009 logo.svg

Tipe Société par actions simplifiée
Gestig 25 Februarie 1899
deur Louis, Marcel en Fernand Renault
Hoofkantoor Boulogne-Billancourt, Frankryk
Gebied bedien wêreldwyd (118 lande)
Industrie Motorvervaardiging
Produkte Motors, kommersiële voertuie, finansies
Inkomste 38,97 miljard € (2010)
Bedryfsinkomste 635 miljoen € (2010)
Netto inkomste 3,42 miljard € (2010)
Dogtermaatskappye Automobile Dacia (99,43%)
Renault Samsung Motors (80,1%)
Renault Sport
RCI Banque
Motrio
Webwerf Renault

Renault S.A.S. is 'n Franse motorvervaardiger wat motors en ligte vragmotors vervaardig (in die verlede het Renault daarnaas ook spoorvoertuie, swaar vragmotors, trekkers en busse gebou). Die Franse regering het 15 persent van die aandele in Renault. Danksy sy alliansie met die Japannese Nissan Motor Co., Ltd. het Renault gegroei tot die wêreld se derde grootste motorvervaardiger.

Carlos Ghosn

Renault en Nissan is daarnaas ook die voorste ontwikkelaars van elektriese motors en het in 2011 aangekondig dat hulle beplan om binne drie tot vier jaar altesaam vier miljard € in die ontwikkeling van agt elektriese voertuigmodelle te belê.

Renault, wat sy hoofkwartier in die Franse stad Boulogne-Billancourt het, is die moedermaatskappy van die Roemeense motorvervaardiger Automobile Dacia en die Suid-Koreaanse motorvervaardiger Renault Samsung Motors. Daarnaas is ook ondernemings soos RCI Banque (wat veral motorlenings aanbied) en Motrio ('n vervaardiger van motoronderdele) in besit van Renault.

Carlos Ghosn, 'n Brasiliaan van Libanese afkoms, fungeer tans as hoof uitvoerende beampte.

Eksterne skakels[wysig]

Commons-logo.svg
Wikimedia Commons het meer media verwant aan:
Renault (kategorie)