Richard G. Morris

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Spring na: navigasie, soek

Richard Graham Michael Morris (gebore 1948)[1] is 'n Britse neurowetenskaplike. Hy is veral bekend danksy die ontwikkeling van die Morris-waterdoolhof,[2] een van die leertoetse vir knaagdiere wat tans die meeste gebruik word, en vir sy werk oor die funksie van die hippokampus, ’n deel van die brein.[3] Hy is die direkteur van die Sentrum vir Kognitiewe en Senuweestelsels in Edinburg[4] en ’n hoogleraar in neurowetenskap aan die Universiteit van Edinburg.[5] Sedert 1997 is hy 'n fellow van die Royal Society.[6] Morris is in 2007 benoem tot kommandeur in die Orde van die Britse Ryk.[1]

Verwysings[wysig]

  1. 1,0 1,1 Prof Richard Morris, CBE, FRS”. Debrett's. URL besoek op 9 November 2012.
  2. Morris, R.G.M. (Mei 1981). “Spatial localization does not require the presence of local cues”. Learning and Motivation 2 (2): 239–260. DOI:10.1016/0023-9690(81)90020-5. Besoek op 2012-11-09.
  3. (2007) The Hippocampus Book. Oxford, United Kingdom: Oxford University Press, xx+832. ISBN 978-0-19-510027-3. OCLC 64444087. 
  4. People/Administration”. Centre for Cognitive and Neural Systems. URL besoek op 2012-11-09.
  5. People/Academic Staff - Prof. Richard Morris, CBE, FRS”. Centre for Cognitive and Neural Systems. URL besoek op 2012-11-09.
  6. Fellows of the Royal Society”. Royal Society. URL besoek op 2012-11-09.

Eksterne skakels[wysig]