Riquewihr

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Spring na: navigasie, soek
Riquewihr
Die poort na die ou stadswyk van Riquewihr
Die poort na die ou stadswyk van Riquewihr
Wapen van Riquewihr
Wapen
Ligging van Riquewihr op 'n kaart (Frankryk)
Riquewihr
Riquewihr
Koördinate: 48°10′02″N 7°17′52″O
Land Vlag van Frankryk Frankryk
Gewes Flag of Alsace.svg Elsas
Département Blason département fr Haut-Rhin.svg Haut-Rhin
Arrondissement Ribeauvillé
Kanton Kaysersberg
Stigting 6de eeu
Regering
 - Burgemeester Jean Buttighoffer
Oppervlak
 - Stad 17,04 km²  (6,6 vk m)
Hoogte 230–936 m (750–3 071 vt)
Bevolking (2008)
 - Stad 1 263
 - Digtheid 74/km² (191,7/myl2)
Poskode 68340
Skakelkode(s) 68277
Webwerf: riquewihr.reseaudescommunes.fr

Riquewihr (Duits: Reichenweier) is 'n stad in die Franse gewes Elsas met sowat 1 200 inwoners (2008). Riquewihr lê in die arrondissement Ribeauvillé en in die kanton Kaysersberg. Vanweë sy 16de eeuse argitektuur, wat volledig bewaar is, word Riquewihr deur die organisasie Les Plus Beaux Villages de France as een van die mooiste in Frankryk gelys.

Geskiedenis[wysig]

Porte Haute (Duits: Obertor), 16de eeu.

Riquewihr het vanuit 'n landgoed ontwikkel, wat in die 6de eeu deur Richo,'n Frankiese inwoner, onder die naam Richovilla gestig is. In 1320 het Riquewihr, wat destyds 'n besitting van die grawe van Horburg was, stadstatus verkry. Vier jaar later is die stad aan die huis Württemberg-Montbéliard (Duits: Württemberg-Mömpelgard) verkoop en het deel uitgemaak van Württemberg. Die hertoë van Württemberg het in die 16de eeu ook die Protestantse reformasie in Riquewihr ingevoer, en die meerderheid van die bewoners is nog steeds Lutherane. Riquewihr is in 1793 by Frankryk ingelyf.

Ekonomie[wysig]

Riquewihr is een van die belangrikste sentrums van die wynboubedryf in Elsas. Die stad steun daarnaas ook op die toerisme, veral dagbesoekers.

Besienswaardighede[wysig]

Straat in Riquewihr

Riquewihr spog met 'n unieke ou stadskern, wat saam met sy versterkings byna volledig bewaar is.

Museums[wysig]

Die belangrikste museums van Riquewihr is die Musée Hansi, wat die werke van die grafiese kunstenaar Jean-Jacques Waltz vertoon; die Musée de la Poste (Posmuseum) in die voormalige Württembergse kasteel en die Musée de la Tour des Voleurs ('n voormalige gevangenis met folterkamer in die ou Joodse kwartier.