Ruby on Rails

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Spring na: navigasie, soek

Ruby on Rails is 'n raamwerk geskryf in die Ruby programmeringstaal met die doel om die skryf van webtoepassings te vergemaklik en te versnel. Dit bestaan uit vyf hoofmodules wat elk 'n ander aspek van 'n tipiese webtoepassing implementeer: Active Record, Action Pack, Active Support, Action Mailer, en Action Web Service. Die nuutste weergawe van Rails is 1.2.2, wat op die 6de Februarie, 2007 beskikbaar gestel is.

Active Record[wysig]

Active Record laat die ontwikkelaar toe om met min moeite die tabelle en rekords in 'n databasis te modelleer. Dit rus op die beginsel van "konvensie, nie konfigurasie nie", wat bloot beteken dat in plaas daarvan dat die ontwikkelaar moet spesifiseer hoe die databasis uitleg lyk, word tabelle en kolomme net op 'n spesifieke wyse benoem, sodat Active Record self die uitleg kan bepaal deur die databasis se struktuur te ondersoek.[1]

Verwysings[wysig]