Saint-Ghislain

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Spring na: navigasie, soek

Saint-Ghislain
Saint-Ghislain JPG00.jpg

Ligging in Hainaut Wapen
Saint-Ghislain Hainaut Belgium Map.png
Blason ville be Saint-Ghislain.svg
Vlag
Flag of Saint-Ghislain.svg
 Land Flag of Belgium.svg België
 Gewes (deelstaat) Flag of Wallonia.svg Wallonië
 Provinsie Flag of Hainaut.svg Hainaut
 Koördinate 50°26′N 3°49′O
 Stigting 7de eeu
 Oppervlakte:  
 - Totaal 70,18 vk km
 Hoogte bo seevlak - m bo seespieël
 Bevolking:  
 - Totaal (1 Januarie 2008) 22 708
 - Bevolkingsdigtheid 324/vk km
 Tydsone UTC +1 (MET)
 Burgemeester Daniel Olivier (PS)
 Amptelike webwerf saint-ghislain.be

Saint-Ghislain, Pikardies: Sint-Guilin, is 'n Belgiese stad en munisipaliteit in die Waalse provinsie Hainaut. Die stad is in die noorde van die historiese mynboustreek Borinage geleë - sowat tien kilometer wes van die middestad van Mons. Die munisipale gebied het sowat 23 000 inwoners (2010) en 'n oppervlakte van 70 km².

Na Saint-Ghislain word dikwels as die (nie-amptelike) 'hoofstad van Borinage' verwys.

Geskiedenis[wysig]

Hoë Middeleeue[wysig]

Saint-Ghislain se geskiedenis strek terug na omstreeks 650 toe die monnik Ghislain die plaaslike klooster gestig het. Daar is min bekend oor sy herkoms en lewe, maar hy was - na aanleiding van sy voornaam - waarskynlik 'n boorling van Duitsland. Sekere bronne dui - ondanks die Germaanse etimologie van sy naam - Griekeland as sy geboorteland aan.

Saint-Ghislain het 'n kerk ter ere van Sint Pieter en Sint Paulus opgerig, en sy klooster was binnekort 'n geestelike trekpleister vir 'n aantal koinobiete wat by die monastiese gemeenskap aangesluit het. Ghislain is op 6 Oktober 680 in sy klooster oorlede.

Die Franse koning Dagobert I het sekere voorregte aan die gemeenskap verleen wat tot 'n florerende Bendediktyne-abdy sou ontwikkel. Volgens oorlewerings het Karel die Grote op versoek van sy vader, ab Éléphas, 'n indrukwekkende kloosterkerk vir die abdy laat bou. Dit is in die 11de eeu tydens 'n Noormanne-inval vernietig.

Die nedersetting, wat geleidelik rondom die abdy gegroei het, het aanvanklik nog as Cella bekend gestaan. Dié naam het later in vergetelheid verdwyn, en die dorp is na sy stigter vernoem. Die abdy van Saint-Ghislain het as geestelike en wêreldlike landsheer van die nedersetting gefungeer. Sy wapen het heraldiese simbole van sowel Frankryk asook die Heilige Romeinse Ryk behels.

Die uitbou van die klooster en die wyding van 'n kerk teen die begin van die 9de eeu is die eerste belangrike gebeurtenisse waaroor die monnike in hul kronieke berig. In 881 is die abdy deur Noormanne geplunder en aan die brand gesteek.

Commons-logo.svg
Wikimedia Commons het meer media verwant aan:
Saint-Ghislain (kategorie)