Saint-Tropez

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Spring na: navigasie, soek

Saint-Tropez
Trop2.jpg

Kaart Wapen
Saint-Tropez.citiesFrance.png
Blason ville fr Saint-Tropez2 (Var).svg
Vlag
Flag of Saint-Tropez.svg
 Land Vlag van Frankryk Frankryk
 Région (gewes) Flag of Provence-Alpes-Cote dAzur.svg Provence-Alpes-Côte d'Azur
 Département Blason département fr Var.svg Var
 Koördinate 43°16′N 6°38′O
 Stigting
 Oppervlakte:  
 - Totaal 11,18 vk km
 Hoogte bo seevlak 0-115 m
 Bevolking:  
 - Totaal (2009) 4 903
 - Bevolkingsdigtheid 439/vk km
 - Metropolitaanse gebied 8 159
 Tydsone UTC +1
 - Somertyd UTC +2
 Burgemeester Jean-Pierre Tuveri
 Amptelike webwerf saint-tropez.fr

Saint-Tropez is 'n klein hawestad in die département Var (Frankryk) met sowat 5 000 inwoners. Die dorp lê aan die Côte d'Azur (Blou Kus) en aan die voet van die Massif des Maures (Maures-gebergte). Saint-Tropez is sedert die vyftigerjare 'n gewilde vakansieoord met jaarliks sowat vyf miljoen toeriste en 'n bekende kunstenaarskolonie.

Bo-oor die stad lê die die sitadel uit die jaar 1592 (Frans: "La Citadelle"), wat as uitkykplek dien en 'n museum vir seevaart en die plaaslike geskiedenis huisves.

Geskiedenis[wysig]

Die kerk van Saint-Tropez

Volgens 'n ou legende is die naam van die stad afgelei van die Romeinse martelaar Tropes. Na sy onthoofding word sy lyk in 'n boot gegooi, wat later in die golf van Saint-Tropez strand.

Sedert die twintigerjare is die stad 'n ontmoetplek van Frankryk se modebedryf, en na die Tweede Wêreldoorlog kom bekende Franse eksistensialiste hier bymekaar. Danksy die rolprentster Brigitte Bardot raak Saint-Tropez vanaf die vyftigerjare as 'n vakansieoord van die welgesteldes gewild.

Eksterne skakels[wysig]

Commons-logo.svg
Wikimedia Commons het meer media verwant aan:
Saint-Tropez (kategorie)