Sangkuns

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Spring na: navigasie, soek
Harry Belafonte is 'n sanger (1954).
Édith Piaf, bekende Franse sangeres.

Sangkuns of sing is die voortbring van musiek met die stem. Woorde of ander klanke word op verskillende toonhoogtes volgens 'n bepaalde melodie uitgespreek. In die proses word 'n hoorbare lied voortgebring. Terwyl daar gesing word, word die klemtoon en tongval dikwels verander.

Mense kan alleen sing (solosang), of saam met ander (koorsang). Sommige diere, soos voëls en walvisse, sing ook. As geen woorde geproduseer word nie, terwyl die stem met geslote lippe gebruik word, word dit neurie genoem.

'n Persoon wat sangkuns beoefen word 'n sanger of 'n sangeres genoem. Professionele sangers bou gewoonlik hul loopbane rondom 'n spesifieke musikale genre, soos volksliedere, klassieke liedere of rock. Voor optredes doen hulle opwarmingsoefeninge en hulle ontvang tipies stemopleiding by 'n vokale afrigter regdeur hul loopbane.

Daar word dikwels van instrumentale begeleiding gebruik gemaak. 'n Klavier, kitaar of 'n verskeidenheid van instrumente (orkes) kan vir begeleiding gebruik word. Vooraf opgeneemde agtergrondmusiek word ook soms ingespan. In die afwesigheid van instrumente word daar na cappella verwys. Die Cutt Glas-musiekgroep is 'n voorbeeld van 'n bekende Afrikaanse cappella-musiekgroep.

Die menslike stem het 'n beperkte reikwydte (die afstand tussen die hoogste en laagste noot). Daarom word sangstemme rofweg in die volgende vier kategorieë ingedeel:

Wanneer 'n musiekstuk wat 'n verhaal vertel gesing word, praat mens van 'n opera, operette of musiekblyspele.

Sien ook[wysig]

Eksterne skakels[wysig]