Sjinese bergkat

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Spring na: navigasie, soek
Sjinese bergkat
Bewaringstatus
Wetenskaplike klassifikasie
Koninkryk: Animalia
Filum: Chordata
Klas: Mammalia
Orde: Carnivora
Familie: Felidae
Genus: Felis
Spesie: F. silvestris
Subspesie: F. s. bieti
Trinomiale naam
Felis silvestris bieti[2]
Verspreiding van die Sjinese bergkat (in groen).
Verspreiding van die Sjinese bergkat (in groen).

Die Sjinese bergkat (Felis silvestris bieti), ook bekend as die Sjinese woestynkat, is ’n klein wildekat van Wes-Sjina. Dit is die onbekendste lid van die genus Felis. Dit is voorheen as ’n aparte spesie, die Felis bieti, beskou. In 2007 het genetiese toetse getoon die kat is ’n subspesie van die wildekat, Felis silvestris.[1] Dit word deur die IUBN geklassifiseer as 'n kwesbare dier.

Beskrywing[wysig]

Die kat lyk soos ’n Europese wildekat, buiten die kleur van sy pels, wat sandkleurig is met donker dekhare. Die onderkant van die kat is witterig en daar is swart ringe aan die stert en bene. Daar is dowwe, donker horisontale strepe aan die gesig en bene, wat soms skaars merkbaar is.[3]

Hulle is sowat 69-48 cm lank, plus ’n stert van sowat 29-41 cm. Die gewig van volwasse katte kan wissel van 6,5 tot 9 kg. Hulle het ’n relatief breë kop en lang hare tussen hul tone.[3]

Verspreiding[wysig]

Die kat is endemies aan Sjina. Beperkte getalle kom voor in die noordoostelike dele van die Tibettaanse Plato in Qinghai en Noord-Sichuan.[4] Hulle woon in yl beboomde woude en beboste gebiede.[3]

Sjinese bergkatte is snags aktief wanneer hulle vir klein knaagdiere en voëls jag.

Verwysings[wysig]

  1. 1,0 1,1 Breitenmoser, U., Breitenmoser-Wursten, C., Sanderson, J., Mallon, D.P. & Driscoll, C. (2008). Felis silvestris ssp. bieti. 2008 IUBN Rooi Lys van bedreigde spesies. Internasionale Unie vir die Bewaring van die Natuur 2008. Verkry op 27 Januarie 2012.
  2. The Near Eastern Origin of Cat Domestication”. URL besoek op 27 Januarie 2012.
  3. 3,0 3,1 3,2 Sunquist, Mel (2002). Wild cats of the World. Chicago: University of Chicago Press, 57–59. ISBN 0-226-77999-8. 
  4. Li He, Rosa García-Perea, Ming Li and Fuwen Wei: Distribution and conservation status of the endemic Chinese mountain cat Felis bieti. Oryx (2004), 38: 55-61 Cambridge University Press. 2004

Eksterne skakels[wysig]