Slaapkamer in Arles

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Spring na: navigasie, soek
Vincent Willem van Gogh 137.jpg
Slaapkamer in Arles
Vincent van Gogh, 1888
Olie op doek, 72 × 90 cm
Van Gogh Museum

Slaapkamer in Arles (Frans: La Chambre à Arles; Nederlands: Slaapkamer te Arles) is 'n skildery deur die 19de eeuse Nederlandse skilder Vincent van Gogh.

Die skildery is 'n uitbeelding van Van Gogh se slaapkamer by sy "Geel Huis" in Arles, Frankryk.

Van Gogh het Slaapkamer in Arles in Oktober 1888 geskilder terwyl hy in Arles, Bouches-du-Rhône, Frankryk gewoon het kort voor sy opname in die psigiatriese sentrum by Monastery Saint-Paul de Mausole. Die skildery is bekend vir die gebruik van kleur en perspektief.

Van Gogh het die volgende aan sy broer Theo oor die skildery geskryf:

Hierdie keer reproduseer dit eenvoudig my slaapkamer; maar kleur moet oorvloedig wees in die deel, die vereenvoudiging daarvan voeg 'n rang van koninklikheid toe tot die styl wat toegepas word op die voorwerpe, wat 'n seker rus of droom suggereer. Wel, ek het gedink dat wanneer ons die komposisie betrag ons stop en dink en verbeel. Ek het die mure bleekviolet geverf. Die vloer met geruite materiaal. Die hout bed en die stoele, geel soos vars botter; die lakens en die kussings, ligte sitroengroen. Die deken, skarlaken gekleur. Die venster, groen. Die wasbak, oranjerig; die tenk, blou. Die deure, lila. En dit is al. Daar is niks anders in die kamer met toe hortjies nie. Die vierkantige meubelstukke moet doelgerigte rus voorstel; ook die portrette aan die muur, die spieël, die bottel, en 'n paar kostuums. Die wit kleur is nie op die skildery gebruik nie, die raam sal dus wit wees, wat my gelyk sal kry met die verpligte rus wat vir my aanbeveel is. Ek het geen vorm van skaduwee of skadu uitgebeeld nie; ek het slegs eenvoudige kleure gebruik soos die in pannekoeke.

Die skildery hang tans in die Van Gogh Museum in Amsterdam.

Tweede weergawes van die skildery[wysig]

Die tweede weergawe hang tans in die Art Institute in Chicago.

Derde weergawe van die skildery[wysig]

La Chambre à Arles, by Vincent van Gogh, from C2RMF frame cropped.jpg
Slaapkamer in Arles
Vincent van Gogh, 1889
Olie op doek, 72 × 90 cm
Musée d'Orsay

Van Gogh het in 1889 op die aandrang van sy broer Theo, 'n kopie van Slaapkamer in Arles gemaak. Die "kopie" is egter nie presies nie; opmerklik is die gebruik van blouer kleure as die oorspronklike skildery, die verminderde klem op die krake in die vloer, sowel as verskille in die twee portrette op die mure.

Die derde weergawe hang tans in die Musée d'Orsay, Parys.