Springbok Nude Girls

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Spring na: navigasie, soek
Springbok Nude Girls
Alias Nudies, Nude Girls
Genre(s) Pop-rock
Aktiewe jare 1994 — 2001
2006 — hede
Uitgewer(s) Epic, Sony Music, Golden Fairy, SonyBMG
Webwerf www.springboknudegirls.co.za
Lede Arno Carstens
Francois Kruger
Theo Crous
Arno Blumer
Adriaan Brand
Portal.svg Musiekportaal

Springbok Nude Girls is 'n Suid-Afrikaanse musiekgroep wat in Stellenbosch tot stand gekom het. Die groep is genoem na die vrouemodelle wat op die omslae gepryk het van 'n reeks versamelalbums van omslae van top-40-treffers, bekend as die Springbok-albums. Die modelle was karig geklee en ietwat skokkend in die Calvinistiese klimaat van die 1970's se Suid-Afrika.

Die groep se eerste konsert (gig) was in September 1994 in Stellenbosch en was uitverkoop. In daardie tyd was die Suid-Afrikaanse musiektoneel besig om te transformeer, nes die res van postapartheid-Suid-Afrika. Die groep het musiektoere deur die wêreld onderneem en 'n internasionale album in April 1999 in New York opgeneem. Hul sukses in Europa was beperk, maar dit het hulle nie daarvan weerhou om daar te toer nie. Die groep het in 2000 'n Suid-Afrikaanse musiektoekenning (SAMA) vir Beste Rockalbum vir Surpass the Powers gewen.

Diskografie[wysig]

  • Neanderthal 1 (1995)
  • It Became a Weapon (1996)
  • be-vest@iafrica.com (1997)
  • I Love You EP (1997)
  • Afterlifesatisfaction (1997)
  • Omnisofa (1998)
  • Opti Mum (1998)
  • Surpass the Powers (1999)
  • Relaxzor (2000)
  • The fat lady sings - Best of the Springbok Nude Girls 1995-2001 (2001)
  • Goddank vir klank 1994 - 2004 (2004)
  • Nude Girls (2006, Britse uitgawe)
  • Peace Breaker (2007)

Sien ook[wysig]

Eksterne skakels[wysig]