Suid-Tirool

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Spring na: navigasie, soek
Outonome Provinsie Bozen - Suid-Tirool
Autonome Provinz Bozen – Südtirol
(Duits)
Provincia Autonoma di Bolzano – Alto Adige (Italiaans)
Provinzia Autonóma de Balsan/Bulsan (Ladinies)
Flag of South Tyrol.svg Suedtirol CoA.svg
(Vlag van Suid-Tirool) (Wapen van Suid-Tirool)
Ligging van Suid-Tirool in Italië
Ligging van Suid-Tirool in Italië
Kaart van Suid-Tirool
Kaart van Suid-Tirool
Amptelike tale Duits, Ladinies, Italiaans
Hoofstad Bolzano
Grootste stad Bolzano
Eerste Minister Luis Durnwalder
Oppervlakte
 - Totaal
7 400 vk km
Bevolking
 - Totaal (2009)
 - Bevolkingsdigtheid
503 434
68/vk km

Suid-Tirool (Duits: Südtirol, Italiaans: Alto Adige, Ladinies: Südtirol), amptelik Outonome Provinsie Bozen - Suid-Tirool (Duits: Autonome Provinz Bozen – Südtirol, Italiaans: Provincia Autonoma di Bolzano – Alto Adige, Ladinies: Provinzia Autonóma de Balsan/Bulsan) is 'n outonome Provinsie in die noorde van Italië aan die grens van Oostenryk in die noorde en Switserland in die noordweste. Suid-Tirool het 503 434 inwoners in 2009 gehad en het 'n oppervlakte van 7 400 km². Die hoofstad en grootste stad is Bolzano. Die amptelike tale is Duits, Ladinies en Italiaans. Suid-Tirool was voor 1918 'n deel van Tirool in Oostenryk-Hongarye en is sedert die oorgawe van Oostenryk 'n outonome Region van Italië. Suid-Tirool voorm saam met Trentino die outonome region Trentino-Suid-Tirool.