Swartbewussynsbeweging

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Spring na: navigasie, soek

Die Swartbewussynsbeweging was ’n beweging teen apartheid in Suid-Afrika. Die beweging het begin in die middel van die Sestigerjare, na die slagting by Sharpeville in 1960 wat aanleiding gegee het tot landwye onluste. In daardie tyd was die leiers van die African National Congress (ANC) en Pan Africanist Congress (PAC) verban of in die tronk gesit deur die regering. Die mees bekende verteenwoordiger van die Swartbewussynsbeweging was Steve Biko. Hy was van die voorste politieke denkers en aktiviste in die stryd teen apartheid en het die geweldlose verset gepropageer. Biko het in 1977 gesterf in die tronk na ernstige mishandelings. Skrywers van die Swartbewussynsbeweging het hul werke – veral gedigte en kortverhale - gepubliseer in tyskrifte soos Drum en Staffrider Magazine.

Sien ook[wysig]