African National Congress

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Spring na: navigasie, soek
African National Congress
ANC
Logo van die betrokke party.
Logo van die ANC

Leier Jacob Zuma
Gestig 8 Januarie 1912
Hoofkwartier Luthulihuis, Sauerstraat 54, Johannesburg, Gauteng
Jeugvleuel ANC-jeugliga
Ideologie Afrika-nasionalisme, Linksgesinde nasionalisme, Sosiale demokrasie, Demokratiese sosialisme
Internasionale affiliasie Sosialistiese Internasionaal, Progressiewe alliansie
Amptelike kleure Swart, groen, goud
Webblad anc.org.za

Die African National Congress (ANC) is 'n politieke party wat Suid-Afrika regeer sedert die land se eerste nie-rassige, demokratiese nasionale verkiesing van April 1994. Dié party is in 1912 in Bloemfontein as die South African Native National Congress (SANNC) gestig. Die huidige naam is eers in 1923 aanvaar.

Geskiedenis[wysig]

Vlag van die African National Congress

Die ANC is op 8 Januarie 1912 gestig deur onder andere John Dube, Pixley Seme en Sol Plaatje om hom te beywer vir die regte en vryhede van alle Afrikane. Die ANC-jeugliga is in 1944 deur Nelson Mandela, Walter Sisulu, en Oliver Tambo gestig.

Die sege van die Nasionale Party in die 1948-verkiesing en die implementering van apartheid lei tot die sogenaamde Defiance Campaign van 1952, en die opstel van die Vryheidsmanifes in Kliptown in 1955.

In 1959 word die PAC gestig deur Robert Sobukwe en 'n groep ANC-lede wat gekant is teen die ANC se wending weg van swart nasionalisme af.

As gevolg van sy vreedsame verset teen apartheid en die vele inperkings wat hy hieroor moes verduur, word die Nobelprys vir Vrede aan ANC-presidentgeneraal Albert Luthuli toegeken in Desember 1961. Hy en sy vrou, Nokukhanya, word deur die regering toegelaat om die oorhandigingseremonie in Oslo by te woon.

Na aanleiding van 'n beroep deur Albert Luthuli word die Anti-apartheidsbeweging in Brittanje gestig en internasionale druk teen die apartheidsbewind, hoofsaaklik deur boikotte, neem toe.

Die besluit van die ANC om oor te gaan na gewapende stryd, en die stigting van Umkhonto we Sizwe (MK), lei tot die inhegtenisname op 11 Julie 1963 van Nelson Mandela en 18 ander MK-lede op die plaas Liliesleaf by Rivonia. Tydens die sogenaamde Rivonia-verhoor word Mandela, Walter Sisulu, Govan Mbeki, Raymond Mhlaba, Elias Motsoaledi, Ahmed Kathrada en Denis Goldberg op 11 Junie 1964 skuldig bevind aan sabotasie en lewensvonisse opgelê[1].

Hierna word die ANC verban.

Geallieerde organisasies[wysig]

Bekende lede van die ANC[wysig]

Presidente van die ANC[1][wysig]

Verkiesingsresultate[wysig]

Verkiesing Stemme % Setels
2014 11 436 921 62,15 249
2009 11 650 748 65,90 264
2004 10 880 915 69,69 279
1999 10 601 330 66,35 266
1994 12 237 655 62,65 252

Sien ook[wysig]

Verwysings[wysig]

  1. Uys, Isabelle. (2007). Feitegids : 'n Kernensiklopedie. Kaapstad: Pharos Woordeboeke. ISBN 978-1-86890-065-7. bls. 9.

Eksterne skakels[wysig]

Commons-logo.svg
Wikimedia Commons het meer media verwant aan: