Thanksgiving

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Spring na: navigasie, soek
Die eerste Thanksgiving. Geïdealiseerde skildery deur Jean Leon Gerome Ferris (1863-1930)

Thanksgiving of Thanksgiving Day (Action de grâce in Franssprekende Kanada), is 'n tradisionele Noord-Amerikaanse vakansiedag wat as 'n soort oesdankfees gevier word. Die datum en oorsprong van die eerste Thanksgiving-feesviering bly omstrede, maar die eerste gedokumenteerde Thanksgiving-fees is op 8 September 1565 in die huidige St. Augustine (deelstaat Florida) gehou.[1] Alhoewel navorsing reeds die teendeel bewys het, word daar nog dikwels na die feesviering, wat in 1621 by die Plymouth-plantasie in die gelyknamige kolonie plaasgevind het, as die eerste Thanksgiving verwys.

Deesdae word Thanksgiving in Kanada op die tweede Maandag in Oktober en in die Verenigde State op die vierde Donderdag in November gevier. Die tradisionele Thanksgiving-ete vind saans as 'n familiebyeenkoms plaas en bied geleentheid vir dankbetuigings en die uitspreek van wense.

Verwysings[wysig]

Commons-logo.svg
Wikimedia Commons het meer media verwant aan:
Thanksgiving (kategorie)
  • Thanksgiving Day. (2008). Encyclopædia Britannica. Deluxe Edition. Chicago: Encyclopædia Britannica.