The Sims 2

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Spring na: navigasie, soek
The Sims 2
Ontwikkelaar Maxis
Uitgewer Electronic Arts
Uitgereik September 2004
Genre Strategie / Simulasie
Modus Enkele speler
Platform Microsoft Windows, Mac OS X, GameCube, PlayStation 2, Xbox, Nintendo DS, Game Boy Advance, PlayStation Portable en Mobiele telefoon
Amptelike webtuiste [1]

The Sims 2 is ’n strategie/simulasie-spel van Maxis en is ’n vervolg op die suksesvolle spel The Sims. Die strategie is baie dieselfde as in The Sims: Spelers beheer hul karakters (Sims) in verskeie situasies wat die werklike lewe naboots.

In The Sims 2 is talle vernuwings aangebring: Dit is volledig in 3D, die Sims word in teenstelling met die eerste weergawe ouer en gaan dood, en hulle het lewensdoele, vrese en begeertes wat verskillende gevolge kan hê as dit vervul word. Hulle het ook genetiese kenmerke wat aan hul kinders oorgedra word. Dit is in September 2004 uitgereik.

Die spel was met sy uitreiking dadelik ’n sukses en het (vir daardie tyd) ’n rekordgetal van ’n miljoen kopieë binne die eerste tien dae verkoop.[1] Daar is in 2004 meer as 13 miljoen kopieë verkoop en dit was in dié jaar die beste verkoper onder PR-speletjies, en in April 2008 het die amptelike webtuiste die 100 miljoenste kopie wat verkoop is, gevier.[2]

Verskeie uitbreidings (extension packs) is beskikbaar – die laaste een, The Sims 2: Mansion & Garden Stuff, het in November 2008 verskyn.

’n Opvolg, The Sims 3, word in Junie 2009 uitgereik nadat dit aanvanklik vir Februarie 2009 beplan is.[3][4]

Verwysings[wysig]

Hierdie artikel is merendeels vertaal vanaf die Engelse Wikipedia-artikel [2]
  1. Fahey, Rob (2004-09-27). “The Sims 2 sells a million, smashes EA records”. URL besoek op 2007-02-08.
  2. The Sims 2.com - 100 Million Sold”. EA: 2008-04-15.
  3. Thorsen, Tor (2006-11-02). “Sims 3, next-gen Black, new SimCity & LOTR coming”. GameSpot. URL besoek op 2007-04-04.
  4. Orry, James (2006-03-11). “Three new Sims games in development”. Pro-G Media, UK. URL besoek op 2007-04-04.

Eksterne skakel[wysig]