Tom Hanks

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Spring na: navigasie, soek
Tom Hanks
'n Beeld van die betrokke persoonlikheid.
Tom Hanks in 2009.

Naam Thomas Jeffrey Hanks
Geboorte 9 Julie 1956 (1956-07-09) (57 jaar oud)
Beroep(e) Akteur, rolprentvervaardiger, rolprentregisseur
Aktiewe jare 1980 tot hede
Internet-rolprentdatabasis-profiel

Thomas Jeffrey Hanks (* 9 Julie 1956 te Concord, Kalifornië, VSA) is 'n Amerikaanse akteur. Hy was die eerste akteur ná Spencer Tracey wat twee jaar opeenvolgend die Academy-toekening vir beste akteur ontvang het: in 1994 vir Philadelphia en in 1995 vir Forrest Gump. Hy het daarnaas meer as vyftig ander akteurstoekennings ontvang, waaronder Golden Globes-toekennings vir Big, Philadelphia, Forrest Gump en Cast Away, American Comedy-toekennings vir Big, A League of Their Own en Forrest Gump, 'n Silwer Beer vir Philadelphia, 'n Empire-toekenning vir Savind Private Ryan en 'n Saturn-toekenning vir Big.

Lewensloop[wysig]

Tom Hanks het in 'n gebroke familie grootgeword. Sy ouers was pioniers op die gebied van die skeidingswetgewing in die staat. Hanks het gereeld verhuis. Hy het 'n oudisie by 'n plaaslike toneelvereniging gedoen en het 'n uitnodiging van die regisseur van daardie vereniging ontvang om na Cleveland, Ohio te gaan, waar sy akteursloopbaan begin het.

Hy het sy tweede vrou, aktrise Rita Wilson, op die stel van die rolprent Volunteers (1985) ontmoet. Hulle het saam twee kinders. Hanks het nog twee kinders uit sy eerste huwelik met Samantha Lewis tussen 1978 en 1987.

Hanks het bekendheid verwerf vir sy rolle in Forrest Gump en Apollo 13. In 1996 het Hanks vir die eerste keer agter die kamera gewerk: hy het die rolprent That Thing You Do geskryf en geregisseur, asook 'n rol daarin gespeel.

Filmografie[wysig]

Filmografie as akteur
Jaar Titel Rol Opmerkings
1980 He Knows You're Alone Elliot
1980 The Love Boat Rick Martin Televisiereeks: 1 episode:
Friends and Lovers/Sergeant Bull/Miss Mother
1980-1982 Bosom Buddies Kip 'Buffy' Wilson Televisiereeks
1982 Taxi Gordon Televisiereeks: episode "The Road Not Taken: Part 1"
1982 Happy Days Dr. Dwayne Twitchell Televisireeks: episode "A Little Case of Revenge"
1982 Mazes and Monsters Robbie Wheeling Televisierolprent
1983-1984 Family Ties Ned Donnelly Televisiereeks: episodes:
"The Fugitive: Part 1" (1983)
"The Fugitive: Part 2" (1983)
"Say Uncle" (1984)
1984 Splash Allen Bauer
1984 Bachelor Party Rick Gassko
1985 The Man with One Red Shoe Richard
1985 Volunteers Lawrence Bourne III
1986 The Money Pit Walter Fielding, Jr.
1986 Nothing in Common David Basner
1986 Every Time We Say Goodbye David Bradford
1987 Dragnet Pep Streebeck
1988 Big Josh
1988 Punchline Steven Gold
1988-1996 Saturday Night Live gas Televisiereeks: 7 episodes waaronder:
#14.1 (1988), #15.13 (1990), #16.8 (1990),
#17.19 (1992), #22.1 (1996)
1989 The `burbs Ray Peterson
1989 Turner & Hooch Det. Scott Turner
1990 Joe Versus the Volcano Joe Banks
1990 The Bonfire of the Vanities Sherman McCoy
1992 Radio Flyer Older Mike
1992 Tales from the Crypt Baxter Televisiereeks: episode "None But the Lonely Heart"
1992 A League of Their Own Jimmy Dugan
1993-1995 Fallen Angels Trouble Boy #1 Televisieserie: episode "I'll Be Waiting"
1993 Sleepless in Seattle Sam Baldwin
1993 Philadelphia Andrew Beckett
1994 Vault of Horror I Televisierolprent
1994 Sunday Night Clive Televisiereeks: episode #1.1
1994 Forrest Gump Forrest Gump
1995 Apollo 13 Jim Lovell
1995 Toy Story Woody (stem)
1996 That Thing You Do! Mr. White
1998 From the Earth to the Moon Jean-Luc Despont / gas / verteller Minitelevisiereeks
1998 Saving Private Ryan Captain John H. Miller
1998 You've Got Mail Joe Fox
1999 Toy Story 2 Woody (stem)
1999 Toy Story 2 Woody (stem) videospeletjie
1999 The Green Mile Paul Edgecomb
2000 Cast Away Chuck Noland
2001 Band of Brothers Brits officier Minitelevisiereeks
2002 Road to Perdition Michael Sullivan
2002 Catch Me If You Can Carl Hanratty
2004 Great Performances Mountie Televisiereeks: episode "Concert for George"
2004 The Ladykillers Professor G.H. Dorr
2004 The Terminal Viktor Navorski
2004 Elvis Has Left the Building Mailbox Elvis
2004 The Polar Express held / vader / conducteur /
Hobo / Scrooge / Kerstman
2006 De Da Vinci Code Robert Langdon
2007 Charlie Wilson's War Charlie Wilson
2008 The Great Buck Howard Mr. Gable
2009 Angels & Demons Robert Langdon
2010 Toy Story 3 Woody (stem)

Eksterne skakels[wysig]