USS Alabama

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Spring na: navigasie, soek
Die USS Alabama op 1 Desember 1942.

Die USS Alabama was 'n slagskip van die Amerikaanse Vloot tydens die Tweede Wêreldoorlog.

Tegniese besonderhede[wysig]

Die skip het 38 000 ton water verplaas en was toegerus met nege 16-duim kanonne. Sy het ook oor twintig 5-duim meerdoelige kanonne beskik. Die skip was aangedryf deur turbines wat 130 000 skeepsperdekrag gelewer het en 'n kruisspoed van 28 knope verseker het.

Klas[wysig]

Die Alabama was in die South Dakota klas, die tweede generasie slagskepe van die Amerikaanse herbewapeningsprogram voor die Tweede Wêreldoorlog. Dié klas was ietwat korter as hul voorgangers maar beter gepantser. 'n Unieke kenmerk van die skip was die groot aantal lugafweerkanonne op die bowerk.

Bron[wysig]

Commons-logo.svg
Wikimedia Commons het meer media verwant aan:
USS Alabama (kategorie)