USS Hornet

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Spring na: navigasie, soek
Die USS Hornet na voltooiing.

Die USS Hornet was 'n vliegdekskip van die Amerikaanse vloot tydens die Tweede Wêreldoorlog. Die skip was op haar toetsvaart tydens die Slag van Pearl Harbor. Sy is gekelder deur die Japanese lugmag gedurende Oktober 1942. Sy het bekend geraak toe vyf-en-twintig B-25 Mitchell bomwerpers, onder beheer van Lt. Kol. James Doolittle, van haar opgestyg het om Tokio te bombardeer.

Sy het 19 800 ton water verplaas en was toegerus met agt 5-duim-kanonne en 87 vliegtuie. Sy is aangedryf deur vier turbines van 120 000 skeepsperdekrag wat haar 'n topspoed van 32 knope gegee het.

'n B-25 styg van die Hornet af op.

Vliegtuie[wysig]

Die Hornet was toegerus met die volgende vliegtuie:

  • SBD-3 Dauntless verkennings/duikbomwerpers.
  • TBF-1 Grumman Avenger torpedo-bomwerpers.
  • F4F-3 Grumman Wildcat vegvliegtuie.
  • TBD-1 Douglas Devastator torpedo-bomwerpers.
Die USS Hornet, verlate en besig om te sink.

Trivia[wysig]

Die afkorting USS beteken United States Ship.

Bron[wysig]