Vliegdekskip

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Spring na: navigasie, soek
Twee vliegdekskepe, USS John C. Stennis (links), en HMS Illustrious (regs), wys die verskil in grootte tussen 'n super-vliegdekskip en 'n ligte V/STOL vliegdekskip .
USS Harry S. Truman anker buite Portsmouth, Engeland, terwyl die bemanning 'n hawebesoek geniet.
Russiese vliegdekskip Kuznetsov
Franse vliegdekskip Charles de Gaulle

'n Vliegdekskip is 'n soort skip wat ontwerp is om as 'n drywende lugbasis te dien. Dit laat 'n lugmag toe om 'n groter gebied te patrolleer, en om dieper in vyandige areas in te dring aangesien daar minder tyd en brandstof benodig word om by die teiken uit te kom.

Ander take wat vliegdekskepe verrig is die diens van vliegtuie en ander toerusting en die vervoer van soldate.

Samestelling van 'n vliegdekskip[wysig]

Bo-op, gewoonlik aan die kant van die skip, is die eiland. Dit huisves die brug, vanwaar die skip beheer word, die beheerkamer, vanwaar die vliegtuigbewegings beheer word en baie toerusting bv. kommunikasie en radars. Daar is ook 'n beheertoring in die brug, net soos by 'n lughawe. Die eiland staan op die vliegdek. Die vliegdek word gebruik deur vliegtuie om te land en op te styg. Die vliegdek word ook goed gepantser vir beskerming van die skip. Op die vliegdek is 'n stoomkatapult, wat gebruik word om die vliegtuie te versnel wanneer hulle opstyg. Onder die vliegdek is die loodse waar die vliegtuie gestoor word wanneer hulle nie in gebruik is nie. Die vliegdekskip het tot drie hysers waarmee die vliegtuie na en van die vliegdek geneem word.

Binne, onder die vliegtuigloodse, is daar verskeie dekke vir die verblyf van die bemanning wat tot 5 000 groot kan wees. Op die onderste vlak is die enjinkamer. Daar is ook tenks vir bunkerolie vir die skip self, tenks vir vliegtuigbrandstof en tenks vir drinkwater. Daar moet ook voorsiening gemaak word vir stoorplek vir rantsoene (voedsel) vir die bemanning, ammunisie en onderdele vir die vliegtuie en instandhouding van die skip self.

Daar word tot 95 vliegtuie op die skip gestoor.

Sien ook[wysig]