Valindaba

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Spring na: navigasie, soek

Valindaba, ook bekend as Pelindaba-Oos of die Y-aanleg,[1] was 'n eksperimentele aanleg vir die verryking van uraan. Dit was ongeveer 35 km wes van Pretoria in Gauteng, Suid-Afrika geleë. Die aanleg het die Helikon Draaikolk Skeidingsproses gebruik. Die proses is in Suid-Afrika ontwikkel om uraan-235 isotope te vervaardig.

Geskiedenis[wysig]

Y-aanleg is in 1975 deur die Uraanverrykingskorporasie van Suid-Afrika voltooi en begin in 1978 met die vervaardiging van verrykte uraan.[2]

Die aanleg is in 1979, byna twee jaar na 'n ongeluk gesluit, maar begin weer in 1979 met produksie. Sedertdien het dit al die brandstof vir die SAFARI-1 reaktor gelewer.[2]

Produksie word op 1 Februarie 1991 permanent gestaak en die aanleg word in dieselfde jaar afgebreek.[3]

Sien ook[wysig]

Verwysings[wysig]

  1. "Valindaba / Pelindaba East". URL besoek op 2006-09-05.
  2. 2,0 2,1 Cochran, Thomas B. (1993-10-13). “High-Enriched Uranium Production for South African Nuclear Weapons”. Science and Global Security 4 (2): 6.
  3. Cochran, Thomas B. (1993-10-13). “High-Enriched Uranium Production for South African Nuclear Weapons”. Science and Global Security 4 (2): 7.

Koördinate: 25°47′59″S 27°56′36″O