Valskatjiepiering

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Spring na: navigasie, soek
Valskatjiepiering
Wetenskaplike klassifikasie
Koninkryk: Plantae
(geen rang): Angiosperms
(geen rang): Eudicots
(geen rang): Asterids
Orde: Gentianales
Familie: Rubiaceae
Genus: Rothmannia
Spesie: R. capensis
Binomiale naam
Rothmannia capensis
Thunb.
Sinonieme

Genipa rothmannia (L.f.) Baill.

Die Valskatjiepiering (Rothmannia capensis) is 'n klein boompie wat veral voorkom op die heuwels rondom Pretoria en Johannesburg. Die boom groei vanaf seevlak tot omtrent 1600 m bo seevlak in immergroen woude, bosryke klowe en op rotsagtige hellings. Die bas is grysbruin, fyn gekraak en skilfer af. Die kenmerkende pienk onderbas skyn dan deur. Die blare is glansgroen en het klein, harige sakkies aan die onderkant in die oksels van die are. Aan die bokant kan die sakkies as knoppe gesien word. Die blomme is tot 8 cm lank en het 'n soet geur. Die geur bly al is die blom verdroog. Die vrugte is groen, sferies en 7 cm in deursnee. Die boom staan ook bekend as die Witklokke.

Sien ook[wysig]

Commons-logo.svg
Wikimedia Commons het meer media verwant aan:
Valskatjiepiering (kategorie)

Bron[wysig]

Verwysings[wysig]