Villefranche-sur-Saône

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Spring na: navigasie, soek
Villefranche-sur-Saône
Différentes vues de Villefranche.jpg
Wapen van Villefranche-sur-Saône
Wapen
Ligging van Villefranche-sur-Saône op 'n kaart (Frankryk)
Villefranche-sur-Saône
Villefranche-sur-Saône
Koördinate: 45°59′25″N 4°43′13″O
Land Vlag van Frankryk Frankryk
Gewes Flag of Rhône-Alpes.svg Rhône-Alpes
Département Blason département fr Rhône.svg Rhône
Arrondissement Villefranche-sur-Saône
Kanton Villefranche-sur-Saône
Regering
 - Burgemeester Bernard Perrut
Oppervlak
 - Stad 9,48 km²  (3,7 vk m)
Hoogte 167–220 m (548-722 vt)
Bevolking (2009)
 - Stad 34 686
 - Digtheid 3 659/km² (9 476,8/myl2)
Poskode 69400
Skakelkode(s) 69264
Webwerf: villefranche.net

Villefranche-sur-Saône is 'n dorp met 'n oppervlak van 9,48 vierkante kilometer en 34 686 inwoners (2009) in die Franse département Rhône (région Rhône-Alpes), sowat 1,6 kilometer wes van die Saônerivier en 25 kilometer noord van Lyon. Dit is die hoofstad en ekonomiese sentrum van die bekende wynboustreek Beaujolais. Sy inwoners staan in Frankryk as Caladois bekend.

Geskiedenis[wysig]

Villefranche-sur-Saône is in 1212 deur Guichard IV, graaf van Beaujeu, gestig en word in die 14de eeu die hoofstad van die distrik Beaujolais. Die dorp is gedurende die 15de en 16de eeu drie keer beleër. Sy stadsmuur is in die vroeë 19de eeu afgebreek.

Ekonomiese basis en vervoer[wysig]

Die hoofsaaklike nywerhede van Villefranche-sur-Saône is wynhandel, metallurgie, tekstiele en chemie. Die belangrike snelweg Autoroute du Sud (A6/E15) loop oos van die dorp langs die Saône.