Wikipedia:Aanstuur

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Spring na: navigasie, soek

'n Aanstuur of 'n aanstuurblad is 'n artikel met geen teks wat slegs die leser aanstuur na die werklike artikel. Aansture kan gebruik word om mense aan te stuur van spelfoute of alternatiewe spellings na die regte artikel. Aansture word ook outomaties geskep wanneer iemand 'n bladsy skuif — so word gesorg dat skakels na die ou artikel steeds sal werk.

Om 'n aanstuur te maak vanaf RSA na Suid-Afrika, plaas die volgende teks in RSA:

#AANSTUUR [[Suid-Afrika]]

Hou in gedagte dat die voorskou u nie sal aanstuur nie.

Vir volledige riglyne, sien gerus die Engelse blad oor aansture. Vir hulp oor aansture in die MediaWikisagteware, sien gerus die blad oor aansture by meta:Redirect.