Winston-Salem

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Spring na: navigasie, soek
Winston-Salem
Die onderdorp van Winston-Salem. Die hoë wolkekrabber is in North Main-straat no. 100, en is 'n landmerk in die stad.
Die onderdorp van Winston-Salem. Die hoë wolkekrabber is in North Main-straat no. 100, en is 'n landmerk in die stad.
Ligging van Winston-Salem op 'n kaart (Verenigde State)
Winston-Salem
Winston-Salem
Koördinate: 36°06′9.95″N 80°15′37.77″W
Land Vlag van Verenigde State Verenigde State
Deelstaat Flag of North Carolina.svg Noord-Carolina
County Forsyth
Stigting 1766 (Salem), 1849 (Winston)
Geïnkorporeer op 1913 (Winston-Salem)
Regering
 - Burgemeester Allen Joines (D)
Oppervlak
 - Stad 343 km²  (132,4 vk m)
 - Land 336 km² (129,6 vk m)
 - Water 7 km² (2,8 vk m)
Hoogte 300 m (970 vt)
Bevolking (2012)
 - Stad 234 349
 - Digtheid 559/km² (1 400,7/vk m)
 - Metropolitaans 647 697
Skakelkode(s) 336
Webwerf: cityofws.org

Winston-Salem is 'n stad in die Amerikaanse deelstaat Noord-Carolina met ongeveer 234 349 inwoners. Dit is naby Greensboro in Noord-Carolina geleë. Die stad word Winston-Salem genoem, want dit het aanvanklik uit twee dorpe bestaan: Winston en Salem, wat later saamgesmelt het.

Winston-Salem is in sentraal Noord-Carolina geleë. Die Interstate 40-hoofweg loop deur die stad. Die stad het 'n gematigde klimaat met warm somers en koel winters. Dit kry ongeveer 1130,8 mm reën per jaar en dit sneeu ook soms daar.

Die Ou Salem is 'n historiese deel van Winston-Salem. Besoekers kan hier leer hoe mense rondom 1800 gelewe het.