Wuhan

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Spring na: navigasie, soek

Wuhan
武汉市 (amptelik) / 武汉
Wuhan montage.png

Kaart Ligging in Hubei
Wuhan location.png
Wuhan in Hubei.png
Vlag
 Land Flag of the People's Republic of China.svg VR van Sjina
 Provinsie Hubei
 Koördinate 29°58' N 113°53' O
 Stigting 1709
 Oppervlakte:  
 - Totaal 1 557 vk km
 Hoogte bo seevlak 77 m
 Bevolking:  
 - Totaal (Augustus 2007) 6 600 000
 - Bevolkingsdigtheid 4 238,9/vk km
 - Subprovinsiale stad 9 700 000
 Tydsone UTC +8 (CST)
 Burgemeester Ruan Chengfa
 Amptelike Webwerf Wuhan

is die hoofstad van die provinsie Hubei in die sentrale Volksrepubliek van Sjina met 'n oppervlakte van 1 557 vierkante kilometer en 'n bevolking van 6,6 miljoen mense. Die stad is in die oostelike Jianghan-vlakte naby die samevloeiing van die Jangtse- en Han-riviere geleë en is tans die politieke, ekonomiese, finansiële, kulturele, opvoedkundige en vervoersentrum van Sentraal-Sjina. Talle belangrike spoorweglyne, paaie en snelweë loop deur die stadsgebied.

Die revolusie van 1911, wat vanuit Wuhan oor die hele land versprei het, het tot die omverwerping van die keiserlike bewind in Sjina gelei. In die 1920's het Wuhan as die hoofstad van 'n linksgerigte Kuomintang-regering onder Wang Jingwei gefungeer wat homself in opposisie tot die partyleierskap onder Tsjiang Kai-sjek gevind het. Die huidige stad is met die samesluiting van drie voormalige stede, Wuchang, Hankou en Hanyang, tot 'n gemeenskaplike munisipaliteit in 1927 gevorm.

Klimaat[wysig]

Weergegewens vir Wuhan (1971-2000)
Maand Jan Feb Mar Apr Mei Jun Jul Aug Sep Okt Nov Des Jaar
gemiddelde maksimum (°C) 8,0 10,1 14,4 21,4 26,4 29,7 32,6 32,5 27,9 22,7 16,5 10,8 21,1
gemiddelde minimum (°C) 0,4 2,4 6,6 12,9 18,2 22,3 25,4 24,9 19,9 13,9 7,6 2,3 13,1
neerslag (mm) 43,4 58,7 95,0 131,1 164,2 225,0 190,3 111,7 79,7 92,0 51,8 26,0 1 269
bron: China Meteorological Administration [1]

Verwysings[wysig]

  1. (en) China Meteorological Administration, URL besoek op 17 Maart 2009