Yahoo!

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Spring na: navigasie, soek
Yahoo! Inc.
Yahoo! logo.svg
Tipe Aandelemaatskappy
Gestig Januarie 1994 (as Jerry and David's guide to the World Wide Web)
Maart 1995 (as Yahoo!)
Hoofkantoor Sunnyvale, Kalifornië, Verenigde State
Sleutelpersone Maynard Webb (voorsitter van die Raad)
Marissa Mayer (hoof uitvoerende beampte)
Gebied bedien Wêreldwyd
Industrie internet
Produkte verskeie
Inkomste $4,68 miljard[1] (2013)
Bedryfsinkomste $589 miljoen[1] (2013)
Netto inkomste $1,36 miljard[1] (2013)
Werknemers 12 200[1] (Desember 2013)
Webwerf yahoo.com

Yahoo! Inc. is 'n Amerikaanse multinasionale internetkorporasie met sy hoofkantoor in Sunnyvale, Kalifornië. Dit is wêreldwyd bekend vir sy webportaal, die soekenjin Yahoo Soek en verwante dienste, insluitend Yahoo Directory, Yahoo Mail, Yahoo News, Yahoo Finance, Yahoo Groups, Yahoo Answers, advertensies, aanlynkartering, video-deel, fantasiesport en sy sosiale mediawebwerf. Dit is een van die gewildste kuberruimtes in Amerika.[2] Volgens mediaberigte het ongeveer 700 miljoen mense Yahoo se webwerwe elke maand besoek.[3][4] Yahoo beweer self dit lok "meer as die helfte van 'n miljard verbruikers elke maand in meer as 30 tale".[5]

Yahoo! is in Januarie 1994 deur Jerry Yang en Dawid Filo gestig en is geïnkorporeer op 1 Maart 1995. Op 16 Julie 2012 is die voormalige uitvoerende hoof van Google, Marissa Mayer, aangewys as Yahoo! se uitvoerende hoof en voorsitter.[6]

Volgens ComScore, het Yahoo! gedurende Julie 2013 vir Google oortref met die aantal Amerikaanse besoekers aan sy webwerwe, die eerste keer sedert Mei 2011. Dit is geskat op 196 miljoen Verenigde State besoekers, wat dus met 21 persent per jaar gestyg het.[7]

Verwysings[wysig]

  1. 1,0 1,1 1,2 1,3 (en) Yahoo! Inc. Form 10-K, Securities and Exchange Commission, 28 Februarie 2014
  2. Staff (2012). “yahoo.com”. Quantcast – It's your audience. We just find it.. Quantcast Corporation. URL besoek op 23 Mei 2012.
  3. Swartz, Jon. "Yahoo's latest moves baffle some", 7 November 2011. URL besoek op 22 Julie 2012.
  4. "Canada Pension Plan mulls Yahoo! buy, report says", 20 Oktober 2011. URL besoek op 22 Julie 2012.
  5. Yahoo! (2012). “Yahoo!”. LinkedIn. LinkedIn. URL besoek op 22 Julie 2012.
  6. Perlroth, Nicole. "Marissa Mayer hopes to improve user experience at Yahoo", 17 Julie 2012.
  7. Womack, Brian, "Yahoo Tops Google for U.S Web Traffic in July, ComScore Says", Bloomberg, 22 Augustus 2013.
Hierdie artikel is in sy geheel of gedeeltelik vanuit die Engelse Wikipedia vertaal.