Google

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Spring na: navigasie, soek
Hierdie artikel handel oor die Amerikaanse maatskappy. Vir die soekenjin, sien gerus Google-soekenjin.
Google Inc.
Logo Google 2013 Official.svg
Tipe Aandelemaatskappy
Gestig 4 September 1998[1][2]
Hoofkantoor Mountain View, Kalifornië[3], Verenigde State
Sleutelpersone Eric Schmidt (hoof uitvoerende beampte)
Larry Page (voorsitter van die Raad en medestigter)
Sergey Brin (medestigter)
Gebied bedien Wêreldwyd
Industrie internet, rekenaarsagteware, telekommunikasieuitrusting
Produkte Google Chrome
Google-soekenjin
Inkomste $59,82 miljard[4] (2013)
Bedryfsinkomste $13,96 miljard[4] (2013)
Netto inkomste $12,92 miljard[4] (2013)
Werknemers 47 756[5] (2013)
Dogtermaatskappye AdMob, DoubleClick, On2 Technologies, Picnik, YouTube, Zagat, Waze, Blogger, SlickLogin, Boston Dynamics, Bump, Nest Labs, DeepMind Technologies, WIMM One, VirusTotal
Webwerf google.com

Google Inc. (NASDAQ: GOOG) is die maatskappy agter die Google-soekenjin en Google Chrome-webblaaier. Google is deur Larry Page en Sergey Brin gestig. Die maatskappy verskaf voltydse werk aan 20 222 mense (syfers van 22 Januarie 2009). Hulle hoofkantoor, genaamd die Googlepleks, is in Mountain View, Kalifornië geleë. Die maatskappy het op 19 Augustus 2004 op die Amerikaanse beurs genoteer.

Die naam Google[wysig]

Die woord "google" is 'n afgelei van "googol". Googol is 'n sinoniem vir 'n 1 met honderd nulle (1 googol is 10 000 000 000 000 000 000 000 000 000 000 000 000 000 000 000 000 000 000 000 000 000 000 000 000 000 000 000 000 000 000 000 000 000).

Oorspronklik sou Google as "Googol" bekend gestaan het, maar as gevolg van 'n spelfout deur een van die stigters word dit later Google. 'n Ander moontlike rede is dat die domeinnaam googol.com toe reeds beset was.

Verwysings[wysig]

  1. (en) Company”. Google. URL besoek op 13 April 2014.
  2. (en) Claburn, Thomas. “Google Founded By Sergey Brin, Larry Page... And Hubert Chang?!?”. InformationWeek. URL besoek op 13 April 2014.
  3. (en) Locations - Google Jobs”. Google.com. URL besoek op 13 April 2014.
  4. 4,0 4,1 4,2 (en) Google Inc, Form 10-K, Annual Report, Filing Date Jan 29, 2013”. secdatabase.com. URL besoek op 13 April 2014.
  5. (en) Google's Income Statement Information”. Google.

Eksterne skakels[wysig]

Koördinate: 37°25′20″N 122°05′04″W