Yanchep

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Spring na: navigasie, soek
'n Natuurtoneel in die Yanchep Nasionale Park

Yanchep is 'n noordelike woonbuurt van Perth, die hoofstad van Wes-Australië. Aanvanklike ontwikkeling is deur die Australiese entrepeneur Alan Bond begin. Die woonbuurt vorm deel van die City of Wanneroo plaaslike regering se gebied. Yanchep is 'n gewilde toeristebestemming. Daar is strandfront verblyf asook gewilde karavaan staanplekke en ook die Yanchep Inn in die Yanchep Nasionale Park.

Yanchep Nasionale Park sluit begeleide toere van Crystal Cave, staptoere in die bos, koala vertonings en die Loch McNess meer. Tydens die 1980's was daar ook 'n gewilde toeriste trekpleister in die vorm van die Atlantis Mariene Park en die Sun City Marina.

Die woonbuurt het 'n hoërskool wat onderwys aanbied vir kinders vanaf hul kleuterjare tot hul tiende skooljaar.