ZDF

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Spring na: navigasie, soek
Die huidige logo van die ZDF

Die ZDF, 'n afkorting van Zweites Deutsches Fernsehen ("Tweede Duitse Televisie"), is 'n openbare Duitse uitsaaikorporasie met sy hoofkwartier in Mainz. Die ZDF is volgens 'n ooreenkoms van die Duitse deelstate in die lewe geroep en word deur lisensiegelde en advertensies gefinansier.

Die ZDF het op 1 April 1963 begin om 'n tweede openbare televisiekanaal (naas dié van die ARD) vanuit sy ateljee in Eschborn uit te saai. In 1967 het die ZDF na kleurtelevisie oorgeskakel. Die hoofkwartier is in 1974 na Mainz-Lerchenberg verskuif.

Eksterne skakels[wysig]