Zaragoza

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Spring na: navigasie, soek

Zaragoza
Basilica del Pilar-sunset.jpg

Kaart Wapen
Zaragoza, Spain location.png
Escudo de Zaragoza.svg
Vlag
Zaragoza (ciudad).svg
 Land Vlag van Spanje Spanje
 Outonome gemeenskap Flag of Aragon.svg Aragón
 Koördinate 41°00′N 01°00′W
 Stigting 25-12 v.C.
 Oppervlakte:  
 - Totaal 973,78 vk km
 Hoogte bo seevlak 200 m
 Bevolking:  
 - Totaal (2012) 679 624
 - Bevolkingsdigtheid 697,92 inw./km²
 Tydsone UTC +1 (MET)
 - Somertyd UTC +2 (MEST)
 Burgemeester Juan Alberto Belloch (PSOE)
 Amptelike webwerf zaragoza.es

Zaragoza [θaɾaˈɣoθa], in ander tale dikwels ook Saragossa genoem, is die administratiewe hoofstad van die gelyknamige provinsie en die Outonome Gemeenskap van Aragón in Spanje met 'n bevolking van meer as 679 000 wat gelykstaan aan sowat die helfte van die totale Aragonese bevolking. Zaragoza is die vyfde grootste stad in Spanje.

Zaragoza is in die hartland van Aragón aan die Ebro en sy takriviere Huerva en Gállego geleë, in 'n vallei waarvan die landskapsvorme wissel van woestyn (Los Monegros) tot digte bosse, weivelde en berggebiede. Op kulturele gebied staan die stad bekend vir sy volks- en kookkuns asook sy argitektoniese erfenis met bekende geboue soos die Basiliek van Onse Liewe Vrou van Pilar (Basílica del Pilar), die La Seo-katedraal en die Aljafería-paleis.

Saam met La Seo en die Aljafería is 'n aantal historiese geboue, wat as voortreflike voorbeelde van Aragón se Mudéjar-boukuns beskou word, deur Unesco as wêrelderfenis gelys. Die Fiestas del Pilar word by die bekendste feeste van Spanje gereken.