50/50

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Jump to navigation Jump to search
50/50
Genre Omgewingsprogram
Aangebied deur Johann Botha
Bonné de Bod
Hermien Roevert
Ashmund Martin
Bertus Louw
Mmasea Petje
Oorsprong Suid-Afrika
Taal 80% Engels en 20% Afrikaans
Produksie
Looptydperk 1 uur
Uitsending
Oorspronklike kanaal SABC2
Oorspronklike lopie 1987 – hede

50/50 is 'n Suid-Afrikaanse televisie-omgewingsbewustheidsprogram wat al sedert 1987 op SABC2 vertoon word. Die program strewe daarna om bevredigende onderwerpe oor die omgewing, bewaring en wildlewe aan te bied, met 'n fokus op Suid-Afrika. Oor die vele reekse heen, het die program al verskeie ankeraanbieders gehad. Een van die bekendstes was Johann Botha, wat tragies in 2017 in Johannesburg doodgeskiet is.

Die naam 50/50 verwys na die vyftig-vyftigbalans tussen die mens en die natuur.