Gaan na inhoud

Daggakoekie

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Weergawe deur Aliwal2012 (besprekings | bydraes) op 08:35, 23 April 2018
(verskil) ← Ouer weergawe | bekyk huidige weergawe (verskil) | Nuwer weergawe → (verskil)
Rasta-gekleurde daggakoek.

Daggakoekie verwys na enige gebakte produk wat voorberei is met dagga as die hoofbestanddeel van die baksel. Daar is 'n groot verskeidenheid eetbare produkte wat met dagga voorberei word en staan ook bekend as "space cakes", "magic muffins" of "edibles".

In lande soos die VSA waar dagga gewettig is, of medisinale dagga gereguleer word, is daggageregte baie gewild onder pasiënte sowel as sosiale gebruikers van dagga om die negatiewe effekte van rook te vermy.