Aandaggebrek-hiperaktiwiteitsteuring
Aandaggebrek-hiperaktiwiteitsteuring | ||
Klassifikasie en eksterne bronne | ||
ICD-10 | F90 | |
ICD-9 | 314.00, 314.01 | |
OMIM | 143465 | |
DiseasesDB | 6158 | |
MedlinePlus | 001551 | |
eMedicine | med/3103ped/177 | |
MeSH | D001289 | |
Mediese waarskuwing |
Aandaggebrek-hiperaktiwiteitsteuring (AGHS, in Engels attention deficit hyperactivity disorder), voorheen aandaggebreksindroom (AGS) en aandagafleibaarheidsindroom genoem, word grootliks beskou as 'n neurologiese steuring wat omtrent 5% van die wêreld se bevolking affekteer. Dit ontstaan reeds in die vroeë jare van 'n kind. Dit word geklassifiseer as patrone van aanhoudende verloor van aandag en/of hiperaktiwiteit, dit word gewoonlik verbind aan vergeetagtigheid en min beheer oor eie impulsiwiteit. AGHS word tans beskou as 'n toestand waarvoor daar geen mediese geneesmiddel is nie.
AGHS word meestal gediagnoseer in kinders en gedurende die afgelope dekade is dit ook toenemend in volwassenes gediagnoseer. Omtrent sestig persent van kinders wat daarmee gediagnoseer word, skud dit af teen volwassenheid. Studies het ook bewys dat dit oordraagbaar is deur familielede van geslag tot geslag. Hoewel geglo word dat die meerderheid gevalle van AGHS geneties van aard is, word ongeveer 'n vyfde veroorsaak deur breinskade van stres en ander fisieke gebeurtenisse gedurende swangerskap en direk na geboorte.
Sien ook
[wysig | wysig bron]Bronnelys
[wysig | wysig bron]- Artikel oor die onderwerp Geargiveer 2 Desember 2016 op Wayback Machine by die "National Institute of Neurological Disorders and Stroke" in die V.S.A se webwerf met skakels na organisasies wat daarmee werk
- WebMD
- Psychiatry online het verskeie artikels oor die onderwerp
- The History of ADHD: 1798, Alexander Crichton, with pictures of the original works and sources. ADHD och ADD Uppmärksammas Koncentrerat
- The History of ADHD: 1902 with some original pictures of Sir George Frederick Still and his work. ADHD och ADD Uppmärksammas Koncentrerat