African Democratic Change

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Jump to navigation Jump to search

Die African Democratic Change (ADeC) is 'n Suid-Afrikaanse politieke party. Dit is op 1 Desember 2017 deur die voormalige parlementslid van die African National Congress, Makhosi Khoza, bekend gestel.[1] Khoza het in April 2018 uit die party bedank.[2] Die party word tans deur Moses Mayekiso gelei.[3]

Stigting[wysig | wysig bron]

Makhosi Khoza het op 21 September 2017 as 'n African National Congress-lid van die parlement bedank om by die pogings teen korrupsie in Suid-Afrika aan te sluit.[4] Haar bedanking het gekom ná maande van haar kritiek op die voormalige ANC-president, Jacob Zuma, en sy het hom gevra om af te tree.[5] Na die aankondiging is daar gespekuleer dat Khoza 'n nuwe politieke party sou vorm.[6] Aanvanklike verslae in November 2017 het voorgestel dat Khoza haar nuwe politieke party "Change" sou noem.[7] Die African Democratic Change (ADeC) is op 1 Desember 2017 van stapel gestuur.[8] Khoza het vasbeslote gestel dat haar nuwe party nie sou totniet gaan nie.[9]

Ná die bekendstelling het die African National Congress Khoza gekritiseer omdat die ADeC-logo lyk soos die African National Congress se logo. Khoza het hierdie eise verwerp.[10]

In April 2018, vier maande na die bekendstelling van die party, het Khoza as partyleier uitgetree.[11] Partyvoorsitter, Moses Mayekiso, is aangewys as haar opvolger.[12]

Verkiesingsuitslae[wysig | wysig bron]

Die party het aan die Suid-Afrikaanse algemene verkiesing van 2019 deelgeneem, beide nasionaal en in al die provinsies.[13]

Nasionale verkiesings[wysig | wysig bron]

Verkiesing Stemme % Setels
2019[14] 6 499 0,04 0

Verwysings[wysig | wysig bron]

  1. Makhosi Khoza launches political party. Retrieved on 13 April 2019.
  2. Child, Katharine. Makhosi Khoza resigns from politics, TimesLIVE, 21 April 2018. Retrieved on 13 April 2019.
  3. Meet Moses Mayeksio, African Democratic Change President. Retrieved on 13 April 2019.
  4. Makhosi Khoza quits the ANC. Retrieved on 13 April 2019.
  5. Goodbye new alien and corrupt ANC, I quit - Makhosi Khoza. Retrieved on 13 April 2019.
  6. #MakhosiKhoza may start new party. Retrieved on 13 April 2019.
  7. Details: Makhosi Khoza to launch new political party ‘Change’. Retrieved on 13 April 2019.
  8. Makhosi Khoza’s new party hoping to woo disillusioned ANC voters. Retrieved on 13 April 2019.
  9. Party won't go Agang way, says #MakhosiKhoza. Retrieved on 13 April 2019.
  10. ANC slams Makhosi Khoza's party over logo. Retrieved on 13 April 2019.
  11. ADeC 'faction' welcomes Khoza’s resignation. Retrieved on 13 April 2019.
  12. Makhosi Khoza resigns from politics. Retrieved on 13 April 2019.
  13. 48 parties to contest upcoming general election. Retrieved on 13 April 2019.
  14. (en) = IEC "NPEDashboard" Check |url= value (help). Besoek op 11 Mei 2019. 
Hierdie artikel is in sy geheel of gedeeltelik vanuit die Engelse Wikipedia vertaal.