Afrikaanse Protestantse Akademie

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Jump to navigation Jump to search
Afrikaanse Protestantse Akademie

Gestig:1988
Tipe:Privaatuniversiteit
Rektor:Professor dr. G.D.S. Smit[1]
Ligging:Hatfield, Pretoria
Kampus:Stedelik
Bynaam:APA
Webtuiste:apa.ac.za

Die Afrikaanse Protestantse Akademie (APA) is 'n privaat Christelike Afrikaanse voorsiener van tersiêre onderrig. Volgens die privaat hoëronderwysinstelling se webtuiste is hul doelwit "om uitnemende tersiêre onderrig in Afrikaans te bied, vanuit ’n klassiek-Christelike vertrekpunt, aan die hand van geakkrediteerde tersiêre onderwysprogramme, om so ons hedendaagse samelewing met ’n Bybelse lewensbenadering te ontmoet."[2] Die APA se leuse is: “Ou Spore – Nuwe Weë” en volgens hul webwerf "ontwikkel [die instelling] leiers akademies in Afrikaans wat streef na ’n lewe van klassieke Christelike skoonheid, harmonie en wysheid saam met ander."[3]

Ontstaan[wysig | wysig bron]

Die Afrikaanse Protestantse Akademie NPC (APA) het in 1988 ’n nederige, dog gefokusde begin gehad as teologiese skool van die Afrikaanse Protestantse Kerkverband. In 1999 is die APA amptelik as privaat tersiêre instelling by die Departement van Hoër Onderwys geregistreer met die bevoegdheid om die grade B.A. (’n kwalifikasie in die geesteswetenskappe) en B.Th. (’n kwalifikasie in die teologie) toe te ken. In 2017 is die Nagraadse Gevorderde Onderwyssertifikaat (NGOS) geakkrediteer. Die APA is sedert 1999 onder private bestuur en het geen voorvereistes aan studente oor kerklidmaatskap, ras of kultuur nie. Die APA is ’n geregistreerde private akademie in tersiêre onderwys wat strewe na die ideaal van ’n vrye Christelike universiteit in Afrikaans.[4]

Ligging[wysig | wysig bron]

Die APA se kampus is geleë te Farenden Str. 430, Sunnyside, Pretoria. Die APA is by die Departement van Hoër Onderwys en Opleiding as ‘n privaat tersiêre onderwysinstelling geregistreer kragtens die Hoër Onderwyswet van 1997 onder die Registrasienommer 1999/HE08/001, en is 'n maatskappy sonder winsoogmerk.[5]

Aanbiedinge[wysig | wysig bron]

Die APA bied 'n kursus in Latyn aan te wete SCHOLA SCRIPTA, welke ‘n korrespondensiekursus is wat uit 4 kursusse (modules) bestaan. Wat graadprogramme betref word 'n Baccalaureus artium-Graad sowel as 'n BDIV-Graad (Baccalaureus-Graad in Teologie) aangebied.[6] Die APA bied ook 'n NGOS (Nagraadse Onderwyssertifikaat) aan welke sertifikaat se doelwit die opleiding van onderwysers vir die Senior Fase (SF) en die Verdere Onderrig- en Opleidingsfase (VOO) volgens ‘n inklusiewe deelnemende strategiese model is.

Verwysings[wysig | wysig bron]

Eksterne skakels[wysig | wysig bron]