Afrikaanse Satelliet Televisie

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Spring na: navigasie, soek
ASTV se nuwe logo vanaf 1 Januarie 2012.

Afrikaanse Satelliet Televisie (afgekort ASTV) is 'n Afrikaanse TV-kanaal wat plaaslik vervaardigde films, reekse, musiek en programme uitsaai. 'n Satelliet dekodeerder word benodig om die stasie op te vang. ASTV se slagspreuk is Vir ons mense. Die kanaal is in Rustenburg in die Noordwes provinsie van Suid-Afrika gebaseer.

ASTV kon aanvanklik gratis opgevang word, maar vanaf 1 Oktober 2010 saai ASTV eksklusief op die TopTV-platform uit, wat beteken dat kykers 'n TopTV-dekodeerder en -skottel benodig. Vanaf 1 Januarie 2012 het ASTV 'n nuwe logo en slagspreuk. Die kanaal laai ook vollengte episodes van populêre programme op hul Vimeo-webblad.

Programme[wysig]

Van die programme wat op ASTV uitsaai word sluit in:

  • Vaskap
  • Karoolus en Lente
  • Feesvoete
  • Na-Sonop
  • Paparazzi
  • KIEF
  • Ons gesels met
  • Kollig
  • Innie Ark
  • Aeroklub
  • Restaurant toe
  • Diere Maniere
  • My Storie
  • Dokter My
  • Kop is oppie tafel
  • Kom Braai
  • Net 'n skeppie sous
  • Kalahari Brekfis
  • Styl in aksie
  • Wetswenke
  • Dit maak saak
  • Wat maak jy?
  • Klankbaan

Sien ook[wysig]

  • kykNET, M-Net se Afrikaanse TV-kanaal.
  • TopTV, Die satelliet platform waarop ASTV uitsaai.

Eksterne skakels[wysig]