airBaltic

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Jump to navigation Jump to search

airBaltic

AirBaltic logo.svg
AirBaltic CS300 Bombardier YL-CSA (30966048910).jpg

IATA: BT
ICAO: BTI
Roepletter: Air Baltic
Gestig: 1995
Ondernemingsvorm: Aandelemaatskappy
Hoofkwartier: Riga
Hooflughawens: Riga, Tallinn, Vilnius
Voorsitter: Martin Gauss
Passasiers (2017) 3,5 miljoen
Medewerkers (2009) 1 300
Omset: 292,4 miljoen € (2010)
Balansstaat: 51,3 miljoen € (2010)
Bonusprogram: PINS
Alliansie: Samewerking met SAS
Bestemmings: 74 lughawens in
33 lande
Vloot: 34 vliegtuie
Webtuiste: www.airbaltic.com

Air Baltic Corporation (airBaltic) is die nasionale lugredery van Letland wat in 1995 as 'n aandelemaatskappy gestig is. Die hoofaandeelhouers sluit die Letlandse staat (52,6 persent) en Baltijas aviācijas sistēmas SIA (42,6 persent) in. In 2017 het airBaltic sowat 3,5 miljoen passasiers vervoer. Air Baltic bied tans regstreekse vlugte vanuit sy drie hooflughawens, Riga (Letland), Tallinn (Estland) en Vilnius (Litaue), aan.

Air Baltic bedien ook die Litause mark nadat alle inheemse lugrederye hul bedrywighede moes staak.

Vloot[wysig | wysig bron]

Air Baltic se vloot het in Januarie 2019 uit die volgende vliegtuie bestaan:

AirBaltic-vloot
Vliegtuig Foto In bedryf Bestellings
Opsies
Passasiers
Airbus A220-300 Plane spotter day at Riga Airport, 2018 (44231886161).jpg 14 36 150
Boeing 737-300 Boeing 737-31S Air Baltic YL-BBS, LUX Luxembourg (Findel), Luxembourg PP1245863560.jpg 6 149
Boeing 737-500 Boeing 737-53S, Air Baltic JP5740664.jpg 2 120
Bombardier Dash 8 Q400
(sal deur Airbus A220-300 vervang word)
Air Baltic Q400 YL-BAX.JPG 12 76
Totaal 34 36