Aktuaris

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Spring na: navigasie, soek

'n Aktuaris is 'n persoon wie se werk-, studie- of navorsingsveld aktuariële wetenskap is. Aktuarisse is gewoonlik professionele besigheidsmense wat met finansiële risiko's werk.

Alhoewel die studieveld van aktuariële wetenskap meestal beperk is tot die meer tradisionele velde van versekering, beleggings, pensioene en gesondheidsorg het dié professie 'n gedaante verwisseling die afgelope paar jaar ondergaan en vandag funksioneer menigte aktuarisse in veelvoudige en dinamiese rolle, byvoorbeeld as tegniese bemarkers, kommunikasie-spesialiste en selfs as analiste in die bankwese.

Die rol van die aktuaris hang af van die spesifieke bedryf, asook departement, waarin hy of sy werk. Byvoorbeeld, in 'n gesondheidsorg arena kan 'n aktuaris in enige van die volgende areas funksioneer: marknavorsing, produk ontwikkeling, die bepaling van premies, bemarking en literatuur, verkope, die onderskrywing van produkte, die hantering van eise asook die berekening van reserwes. Die voorafgaande staan bekend as die produksiklus en vereis die nodige kwantifisering en ontleding van die gepaardgaande risiko tydens elke stap van die siklus.

Aktuarisse is bekend vir hul sterk rekenvaardighede wat ondersteun en versterk word deur 'n reeks straf eksamens wat voltooi moet word alvorens hul as aktuarisse kan kwalifiseer. Daar word ook van aktuarisse vereis om goed te kan kommunikeer en ten alle tye objektief op te tree en die belange van alle belanghebbendes op te weeg en te evalueer, byde in die kort- en langtermyn.

Die woord aktuaris moet nie met aktuarius verwar word nie. 'n Aktuarius is 'n lid van die moderatuur van 'n kerk wat oor kerkregtelike sake geraadpleeg word. Beide die woorde kom van die Latyn actuarius, waarvan die stam, actum, openbare transaksie, register, beteken.

Professie[wysig]

Suid-Afrikaanse aktuarisse is gewoonlik genote van die Aktuariële Genootskap van Suid Afrika. Die meeste is ook genote van die Institute of Actuaries in Londen of van die Faculty of Actuaries in Edinburgh.

Werk[wysig]

Aktuarisse werk gewoonlik by:

en ook soms by:

Bekende Suid-Afrikaanse aktuarisse[wysig]

  • Fafa Knoetze, wat vir die Springbok rugbyspan uitgedraf het in die 1980s
  • Professor Garrett Slattery, wat Suid-Afrika in 2011 verteenwoordig het in die Britse Ope vir Blindes
  • Adrian Gore, stigter van Discovery Holdings Pty Ltd