Alfaverval

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Spring na: navigasie, soek

Alfaverval is 'n vorm van radio-aktiewe verval waarin die onstabiele kern 'n alfadeeltjie uitstraal. 'n Alfadeeltjie is basies 'n heliumkern - 4He (dus, 'n heliumkern sonder sy twee elektrone).

Byvoorbeeld, uraan-238 wat verval deur die vrystelling van 'n α-partikel om torium-234 te vorm kan soos volg uitgedruk word:

Omdat 'n alfapartikel dieselfde is as die nukleus van 'n helium-4-atoom kan dit ook soos volg uitgedruk word:

Helium se kern bestaan uit twee protone en twee neutrone. Dus die atoomgetal gelyk aan 2 en die aantal nukleone gelyk aan 4. Dit word geskryf as 42He, soos hierbo gewys.

Die uitstraling van alfa-deeltjies sal die betrokke atoomkern se massagetal met 4 en sy atoomgetal met 2 laat afneem. Die dogterelement wat so gevorm word, sal dus 2 posisies na links van die moederelement op die periodieke tabel lê. Kernreaksies word met betrekking van kernvergelykings voorgestel. In so'n reaksie word die aantal elektriese ladings en kernladings behou. Atoomgetalle en massagetalle moet dus balanseer.

Kyk ook[wysig | wysig bron]