Alfonso Cuarón

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Jump to navigation Jump to search
Alfonso Cuarón
’n Beeld van die betrokke persoonlikheid.
Cuarón in Julie 2013.

Geboortenaam Alfonso Cuarón Orozco
Gebore 28 November 1961 (1961-11-28) (57 jaar oud)
Mexikostad, Mexiko
Nasionaliteit Mexikaans
Beroep Regisseur, draaiboekskrywer, vervaardiger, redigeerder
Termyn in amp 1981-tans
Huweliksmaat Mariana Elizondo
Annalisa Bugliani
Kind(ers) 3

Alfonso Cuarón Orozco (alˈfonso kwaˈɾon; gebore 28 November 1961) is ’n Mexikaanse rolprentregisseur, -vervaardiger, -draaiboekskrywer en -redigeerder wat al groot lof en talle pryse ingeoes het. Cuarón het in 2013 die Oscar vir beste regisseur vir Gravity gewen en so die eerste Latyns-Amerikaanse regisseur geword wat die prys ontvang. Hy is al vir 11 Oscars benoem, onder meer vir beste redigering vir Gravity en beste regisseur vir Roma (2019).

Cuarón se ander rolprente sluit in die drama Y Tu Mamá También (2001), die fantasieprent Harry Potter and the Prisoner of Azkaban (2004) en die riller Children of Men (2006).

Eksterne skakels[wysig | wysig bron]