Alzheimer se siekte

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Spring na: navigasie, soek

Alzheimer se Siekte is 'n progressiewe neurodegeneratiewe siekte met kenmerkende kliniese en patologiese tekens.

Dit mag in die vroeë stadia moeilik wees om te onderskei van kognitiewe agteruitgang in die normale brein verwant aan veroudering. Die deurlopende agteruitgang in geheue, vloei van spraak en ruimtelike oriëntasie lei egter tot toenemende inkorting in onafhanklikheid en uitvoerende vermoëns. In die vroeëre stadia mag depressie en angstigheid ook die beeld kompliseer, maar dit verminder soos toenemende verlies aan insig volg.

In die middel stadia van die siekte raak selfsorg toenemend 'n probleem en toesig is toenemend nodig om ook veiligheid te verseker. In die laat stadia is deurlopende verpleegsorg in 'n sorgeenheid gewoonlik aangedui.

Stadia van Alzheimer se Siekte[wysig]

  1. - Geen duidelike simptome.
  2. - Subjektiewe vergeetagtigheid; normale ondersoek.
  3. - Probleme by werk; sukkel met spraak; verdwaal wanneer in onbekende plekke; familie raak bewus van probleem; subtiele agteruitgang met ondersoek.
  4. - Inkorting in vermoë om te reis, tel, onlangse gebeurtenisse te onthou.
  5. - Het hulp nodig om klere uit te soek; disoriëntasie t.o.v. tyd of plek; sukkel om name van bv. kleinkinders te onthou.
  6. - Het supervisie nodig t.o.v eet en persoonlike higiëne; mag inkontinent raak; disoriëntasie t.o.v. tyd, plek en moontlik persoon.
  7. - Uitgesproke verlies aan spraakvermoë; inkontinensie; motoriese styfheid.

Patologiese Veranderinge[wysig]

  • Kortikale atrofie
  • Sinaptiese en neuronale verlies
  • Amiloïed angiopatie
  • Neuritiese plake met amiloïed kerne
  • Neurofibrillêre knope
  • Akute fase reagense en lokale inflammatoriese reaksie

Etiologie[wysig]

Dit blyk dat Alzheimer se siekte 'n heterogene siekte is met bydraes van genetiese en verworwe faktore. Die volgende mag 'n rol speel:

Bronne[wysig]

1. Gauthier S. Alzheimer's Disease in Primary Care, 2nd Ed. Martin Dunitz Ltd. London, 1999.