Antiklien

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Jump to navigation Jump to search

'n Antiklien (Engels: anticline) is 'n koepelvormige plooi (of gedeelte van 'n plooi), met die oudste lae nader aan die plooi-as en die jonger lae na die bokant, terwyl die ouer lae na onder lê.

Diagram wat 'n sinklien en antiklien aandui.

Struktuurgeologie[wysig | wysig bron]

In die geologiese veld is daar selde eenvoudige gevalle, en talle moontlike variasies.

In gevalle waar die relatiewe ouderdom van die verskillende lae onbekend is, of die jonger lae in 'n antiklien na onder lê en die ouer lae na bo, word die struktuur 'n antivorm genoem. Dit vind gewoonlik plaas waar die gelaagdheid a.g.v. tektoniese kragte omgekeer word.

Ekonomiese belang[wysig | wysig bron]

Antikliene en antivorme is van groot belang in veral die olie en gasbedryf. In hierdie bedryf is daar twee goed nodig om olie en gasafsettings te vorm:

  • bron van die olie/gas
  • 'n ondeurdringbare geologiese struktuur om hierdie olie en/of gas vas te vang.

Dit is in die tweede gedeelte waar antikliene / antivorms van groot belang is, aangesien antikliene wat uit ondeurdringbare gesteentes bestaan, die gas en olie verhoed om te ontsnap, en dus teikens van eksplorasie word.

Voorbeelde[wysig | wysig bron]

Van die beste voorbeelde van sinkliene en antikliene in suid-Afrika kan in die Kaapse Plooiberge waargeneem word, wat vanaf die verre weste van die Kaapprovinsie tot in die Oos-Kaap strek.

Foto van plooiing in die Kaapse Plooiberge gesien in 'n padsnit in die Oos-Kaap.
Foto van plooiing in die Kaapse Plooiberge gesien in 'n padsnit in die Oos-Kaap.

Sien ook[wysig | wysig bron]