Gaan na inhoud

Ashvina

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie

Ashvin is die sewende maand van die Hindoekalender. Ashvin is ook bekend as Aswayuja. Ashvin begin volgens die westerse kalender tussen 23 September en 22 Oktober wanneer die son in die sterrebeeld Maagd staan. Gedurende die maand Ashvin word Durga Puja-offers gedoen en word daar op die laaste dag Diwali (ligte-fees) gevier.