Atalyja
Voorkoms
Hierdie artikel is 'n weesbladsy. Dit is nie geskakel of in ander bladsye ingesluit nie. Help Wikipedia deur na moontlike teks te soek en 'n skakel hierheen te plaas. |
Atalyja | |
---|---|
Atalyja in 2006 | |
Genres | Folklore, etno- en wêreldmusiek |
Jare aktief | 1998 - hede |
Etikette | Sutaras / Dangus |
Webwerf | www.atalyja.com |
Atalyja (letterlik "Die reën kom") is 'n Litause folk rock-groep wat hom op die moderne bewerking van ou Litause folklore-musiek toegespits het.
Tradisionele musiek en liedere word deur die groep in 'n groot verskeidenheid musiekstyle herskep en met elemente van rock, jazz, funk, blues rock, metal en Indiese musiek verryk. Atalyja het reeds vier musiekalbums vrygestel en het naas nasionale musiekfeeste ook al in Letland, Estland, Pole, Duitsland, Turkye en Tsjeggië opgetree.
Diskografie
[wysig | wysig bron]- Atalyja; MC, 2000
- Atalyja; CD, 2001
- Močia; CD, 2004
- Žemaitiu ruoks; EP, 2008
- Saula Riduolėla; CD, 2009