Athos (mitologie)

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Spring na: navigasie, soek

Athos in die Griekse mitologie was een van die reusagtige Gigante, die seuns van Uranos en Gaia.

Tydens die Gigantestryd tussen die reuse en die Olimpiese gode, wat deur Gaia aangevuur is omdat sy ontevrede was dat Zeus die Titane gevange gehou het, het Athos ’n rots na Poseidon gegooi. Dit het in die Egeïese See geval en Berg Athos geword.