Auļi

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Jump to navigation Jump to search
Auļi
OorsprongLetland
Genre(s)Folkmusiek
Instrument(e)Doedelsakke, tromme
Aktiewe jare2003 – hede
EtiketteLauska
Webwerfwww.auli.lv/en
Portal.svg Musiekportaal

Auḷi is 'n Letlandse folkmusiekgroep wat hom op doedelsak- en trommusiek toespits.[1] Die groep is in 2003 gestig en het tans tien lede — nege Letlandse mans en een vroulike musikant uit Estland.

Die groep se naam het twee betekenisse in Lets — enersyds "galop" ('n verwysing na die tromme se ritme), andersyds "byekorwe op 'n boom" (die gesoem van bye of hommels).

Auḷi is tans die enigste groep in Letland wat tradisionele doedelsak- en trommemusiek speel en ontwikkel. Alhoewel daar verwysings na hierdie soort volksmusiek in historiese Letlandse tekste voorkom, is daar min oorlewerings ten opsigte van inheemse doedelsak- en trommusiek. Auḷi laat dié musiek op 'n kreatiewe manier herleef en maak tydens konserte ook gebruik van tradisionele Baltiese perkussie-instrumente soos ģīga, Joodse harp, simbale en ghonge.

Diskografie[wysig | wysig bron]

  • Sendzirdēju (2005)
  • Auļos... (2007)
  • Etnotranss (2010)
  • Dižducis (2013)
  • Gadalokos (2016)

Verwysings[wysig | wysig bron]

Eksterne skakels[wysig | wysig bron]

Media